OOR ONS

EU-BURGERSKAP.

Die vinnigste EU-burgerskapsdiens ter wêreld. Verkry ‘n Ciprus Paspoort binne slegs 3 maande.

CIPRUS PASPOORT.

‘n Ciprus Paspoort (Europese Burgerskap) bied mens meer as net die vryheid om in enige land in Europa (28 lande) te reis, woon, werk en studeer. Burgerskap in Ciprus (‘n EU-lidland) beskerm ook jou bates, skep belastingvoordele en meer.

PASPOORT BINNE 3 MAANDE VAN VANDAG AF.

Ciprus is die enigste land in Europa wat ‘n EU-burgerskap (paspoort) binne 3 maande aanbied. Dit is nie ‘n verblyfspermit of ‘n beleggersvisum nie, maar eerder versnelde burgerskap van ‘n EU-lidstaat. Ja, u en u familie kan EU-burgerskap verkry binne 3 maande van vandag af. Dit mag dalk moeilik wees om te glo, maar u kan gerus die offisiële webtuiste van Ciprus se Departement van Binnelandse Sake besoek om dit te bevestig.

Die 13 hoofredes hoekom u ‘n tweede paspoort nodig het.

Bevry jouself van totale afhanklikheid van enige land. ‘n Tweede burgerskap met ‘n paspoort is ‘n kragtige werktuig vir internasionale belastingbeplanning. Dit gee u ook ekstra privaatheid en bewegingsvryheid, en is veral ‘n redder in tye van politieke onrus, burgeroorlog, terrorisme en ander moeilike omstandighede. Dink daaraan as ‘n ‘reserwe versekeringspolis’. Sulke tweede burgerskaps- en verblyfsprogramme is meestal gesog deur welgestelde afgetredenes, besigheidsbeleggers, entrepeneurs en selfaangestelde persone.

Die omstandighede kan verskil van geval tot geval, maar gewoonlik is die redes vir ‘n tweede paspoort as volg:

1. Jou huidige paspoort moet dikwels hernu of verleng word.
2. Jou huidige paspoort gaan dalk deur jou land se Regering afgekeur of gekanselleer word.
3. Jou huidige nasionaliteit beperk jou beleggings- en besigheidsvermoëns.
4. Jou huidige Regering hef belasting op jou inkomste, bates en kapitaal wêreldwyd.
5. Jou nasionalitiet maak van jou ‘n teiken vir terroriste.
6. Jou land se Regering beheer, beperk en vereis registrasie van elke reis.
7. Jou paspoort wys dat jy ‘n burger is van ‘n ongewilde land wat lei na ‘n vooropgestelde of negatiewe gesindheid teenoor jou.
8. Jou nasionaliteit forseer jou en jou kinders om militêre diens te doen.
9. Jou nasionalitiet of paspoort beperk jou vryheid om te reis en u benodig ‘n visumvrye paspoort.
10. Jou land is polities onstabiel en u het dus ‘n tweede paspoort en burgerskap nodig.
11. U wil graag u permanente adres wysig.
12. U wil graag u familie teen onvoorsiene teëspoed verseker.
13. Hoë gehalte onderwys vir u kinders teen ‘n lae koste.

Professioneel
100%
Vertroulikheid
100%
Sukses
100%

"“Eiendomsbelegging, selfs baie kleinskaals, bly ‘n beproefde en getroue middel om ‘n individu se kontantvloei en finansiële vermoë te bou.” "

Robert Kiyosaki

CIPRUS BURGERSKAPSPROGRAM - KERNPUNTE

Tydperk tot burgerskap3 maande
ToegangAlle nasionaliteite
VerblyfsvereistesGeen
Woon, werk en studeerEnige land in Europa (28 lande)
FamilieEggenoot en afhanklikes tot en met 28 jaar
Visumvrye reis159 lande
BelastingsgevolgeGeen
UitgangsstrategieU kan u belegging na 3 jaar verkoop
Dubbele burgerskapJa, toegelaat

VOORWAARDES OM U CIPRUS (EU) PASPOORT TE VERKRY.

Behalwe vir Ciprus, is daar geen ander land in die Europese Unie wat burgerskap so vrylik en sonder moeite teen sulke eenvoudige en duidelike voorwaardes aanbied nie.

  • Goedkeuring van burgerskap binne 3 maande
  • Geen vereiste om in Ciprus te woon nie
  • Geen donasies vereis nie
  • Belegging hoef net vir 3 jaar gehou te word
  • Geen eksamens oor geskiedenis of die Griekse taal nie
  • Minimum belegging – €2,000,000 (twee miljoen euro)
  • Die belegging kan na 3 jaar verkoop word; tog word dit vereis dat die belegger ten alle tye ‘n eiendom behou ter waarde van ten minste €500,000
  • ‘n Wye verskeidenheid beleggings – effekte, aandele, bank deposito’s, jou eie besigheid, eiendom

DEUR DEELNAME IN HIERDIE PROGRAM SAL DIE BELEGGER ‘N CIPRUS (EU-LIDSTAAT) PASPOORT KRY MET DIE VOLGENDE VOORDELE.

  • Onbeperkte reg om in enige land in die EU te woon, werk, ‘n besigheid te besit en te bedryf, te reis & te studeer.
  • Visumvrye reis na 159 lande
  • Burgerskap is aan die aansoeker, die eggenoot en alle finansieël-afhanklike kinders tot en met 28 jaar toegeken.
  • In Ciprus is dubbele burgerskap toegelaat.
  • Toegang tot die EU se eersteklas gesondheidssorg- en onderwyssisteme
  • Geen dividendbelasting op wêreldwye inkomste vir nie-gedomisilieerde belasting inwoners. Ciprus het geen erfenisbelasting nie, en het die laagste korporatiewe inkomstebelastingkoers in Europa.
  • Ciprus bied ‘n uitstekende klimaat en ekologie aan. Dit is een van die wêreld se veiligste plekke en is ook ‘n Engelssprekende omgewing.

GESONDHEIDSSORG

GESONDHEIDSSORG

TOEGANG TOT DIE EU SE EERSTEKLAS GESONDHEIDSSORG- EN ONDERWYSSISTEME

BELASTING

BELASTING

GEEN DUBBELE BELASTING IN CIPRUS NIE, INTERNASIONALE BELASTINGBEPLANNING WERKTUIG EN FINANSIËLE VETROULIKHEID VIR ALLE CIPRUS PASPOORTHOUERS

PERMANENTE VERBLYF

PERMANENTE VERBLYF

GEEN PERMANENTE VERBLYFSVERPLIGTINGE IS VAN TOEPASSING NIE

VISUM

VISUM

VISUMVRYE REIS NA 159 LANDE WÊRELDWYD, INSLUITEND ALLE EUROPESE UNIE LANDE, KANADA EN AUSTRALIË ONDER ANDERE

BELEGGER

BELEGGER

DIE BELLEGER IS GEREGTIG OM SY BELEGGINGS NA 3 JAAR TE VERKOOP, TOG MOET HY IN BESITTING BLY VAN RESIDENSIËLE EIENDOM TER WAARDE VAN TEN MINSTE EUR 500,000 (+ BTW, INDIEN VAN TOEPASSING)

DIE CIPRUS PROGRAM IS UNIEK EN HET GEEN EWEKNIE IN DIE EUROPESE UNIE NIE

CiprusMaltaLetlandVKSpanjeBulgarye
Tydperk om EU-paspoort te verkry:
3 maande
Tydperk om EU-paspoort te verkry:
14 maande
Tydperk om EU-paspoort te verkry:
6 jaar
Tydperk om EU-paspoort te verkry:
6 jaar
Tydperk om EU-paspoort te verkry:
10 jaar
Tydperk om EU-paspoort te verkry:
2 jaar
Bedrag vir belegging:
€2,000,000
Bedrag vir belegging:
€500,000
Bedrag vir belegging:
€250,000
Bedrag vir belegging:
£2,000,000

Bedrag vir belegging:
€500,000
Bedrag vir belegging:
€1,200,000
Geregtig om die belegging na 3 jare te verkoop Geregtig om die belegging na 5 jare te verkoopGeregtig om die belegging na 5 jare te verkoopGeregtig om die belegging na 5 jare te verkoopGeregtig om die belegging na 5 jare te verkoopGeregtig om die belegging na 5 jare te verkoop
Geen donasie nie€650,000 plus
€25,000 per kind
Geen donasie nieGeen donasie nieGeen donasie nie


Geen donasie nie


Geen fisiese teenwoordigheid vereis nie Fisiese verblyf vereis.Geen fisiese teenwoordigheid vereis nieFisiese verblyf vereis.Fisiese verblyf vereis.Geen fisiese teenwoordigheid vereis nie
Dubbele burgerskap is toegelaat Dubbele burgerskap is toegelaatDubbele burgerskap is NIE toegelaat NIEDubbele burgerskap is toegelaatDubbele burgerskap is NIE toegelaat NIEDubbele burgerskap is toegelaat

U CIPRUS PASPOORT IS NIE ‘N VERBLYFPERMIT OF ‘N VISUM NIE, MAAR EERDER ‘N VOLLE BURGERSKAP VAN DIE EU-LIDSTAAT

Die vinnigste EU-burgerskapsdiens ter wêreld. Kry ‘n Ciprus Paspoort binne slegs 3 maande.

MEER OOR CIPRUS

MEER OOR CIPRUS.

Ciprus… ‘n betowerende eilandervaring. Ciprus is ‘n pragtige natuuromgewing geleë in die Oos Middellandse See, omring deur drie kontinente. Die eiland se strategiese ligging het sy geskiedenis en beskawing deur die eeue heen gevorm. Ciprus is die derde-grootste eiland in die Middellandse See met ‘n algehele grondoppervlakte van 9251 kwadraat km (ongeveer 3570 kwadraat myl).

As ‘n volwaardige lid van die Europese Unie sedert 2004, is Ciprus se infrastruktuur van ‘n hoë standaard met uitstekende elektrisiteits-, water- en rioolsisteme, sowel as mediese-, pad- en telekommunikasiedienste. Via die Larnaca Internasionale Lughawe en Pafos Internasionale Lughawe word dit maklik om te pendel. Met ‘n sterk finansiële sisteem is Ciprus gevestig as ‘n toonaangewende Internasionale Besigheidssentrum.

Ciprus spog met meer as 9000 jaar se legende en geskiedenis. Dit is land van beeldskoon en aanskoulike kontraste; van die denneboom-bedekte berge na die skitterende strande, die tydlose dorpies na die kosmopolitaanse stede. Menige is na sy oewers toe gewink deur sy asemrowende, natuurskoon en benydenswaardige klimaat, asook sy Europese kultuur en antieke betowering.

Maar, bowenal, bied Ciprus mens gemoedsrus aan. In Ciprus is die heersende gevoel orals een van sekuriteit. Deur hierdie kort, maar nuttige gids word u bekendgestel aan die eiland Ciprus, ‘n eiendomsbelegger se bestemming van keuse.

Met sy matige en stabiele klimaat en sy gerieflike geografiese ligging, word Ciprus beskou as ‘n aantreklike omgewing om ‘n tuiste te skep. Ten minste 320 sonskyndae per jaar maak die eiland een van Europa se sonnigste plekke.

In ‘n onlangse verslag gepubliseer deur Knight Frank, ‘n toonaangewende onafhanklike internasionale eiendomskonsultasie firma, is Ciprus as die 5de beste bestemming ter wêreld vir hervestiging benoem. Ingedeel volgens besigheids- en ontspannings sleutelaanwysers, is Ciprus die enigste Europese land buiten Switserland wat die top vyf gehaal het – voor Londen, Madrid en Monaco.

Benewens die aangename weer, is die beleggings landskap in Ciprus voordelig as gevolg van die eiland se hoogsgekwalifiseerde arbeidsmag, aantreklike belastingvoordele en betroubare vervoer- en telekommunikasiesisteme.

Ciprus is hoogaangeskrewe as gevolg van sy gunstige belastingstelsel vir nuwe inwoners, veral hoë netwaarde individue.

Onlangse studies uitgevoer deur internasionale immigrasiekundiges het die Ciprus Burgerskap-deur-Belegging Program as onder die “beste ter wêreld” beskou.

Ciprus het ‘n moderne, vryemark-, diensgebaseerde ekonomie met ‘n effektiewe en deursigtige regulatoriese en wetlike raamwerk. Dit gee aan internasionale beleggers en besighede die nodige vertroue om te belê, te groei en te floreer.

VRA GERUS VIR ONS ENIGIETS OOR JOU CIPRUS (EUROPESE) BURGERSKAP

Contact Info